Image by Sigmund

Vakansieprogram in ‘n boks!

Verskeie gemeentes en naskole kan nie hierdie vakansie ‘n program aanbied om ouers in die gemeenskap te ondersteun nie. Daarom het agt gemeentes in die Ooste van Pretoria en Centurion saam gewerk aan ‘n vakansieprogram in ‘n boks.

Die kinders gaan hierdie vakansie saam met Joe ‘n pad stap. Joe wonder watter waardes is belangrik in ‘n mens se lewe. En daarom kyk hy oor vyf dae na die verhaal van Josef en dus vyf waardes wat ons uit Josef se lewe kan leer.

Daar is ‘n video opgeneem vir elke dag. Nadat jy ‘n boks bestel en betaal het, sal jou gemeente reël wanneer en waar julle die boks kan kom oplaai. Die gemeente sal ook ‘n webskakel vir jou stuur met die videos wat saam met elke dag gaan.

In die video bied Joe ‘n kort inleiding vir die tema aan en daar is ook ‘n poppekas! Vir elke dag is daar oor ‘n craft aktiwiteit vir die verskillende ouderdomme en word dit ook op die video gewys hoe om te doen. Laastens is daar ook ‘n voorstel van een speletjie wat die kinders kan speel of wat julle as gesin saam kan doen.

Die craft items word aangekoop en verpak in die boks wat julle bestel. Daarom moet jy ‘n boks per kind bestel. Die crafts is uitgewerk volgens die verskillende ouderdomme. Jy is natuurlik welkom om te kies om dieselfde ‘soort’ ouderdomsboks te bestel as jy bang is jou kinders gaan nie daarvan hou dat daar verskillende crafts is om te doen nie.

Ons droom en hoop is dat hierdie boks jou as ouer kan help om iets kreatief, sinvol en geloofsvormend met jou kind te kan doen vir vyf dae.

 

R150 per boks

Boks 1: Kleuters

Boks 2: Gr 1-3

Boks 3: Gr 1-6