top of page

ADMINISTRASIE

Dit is vir Stellastraat belangrik dat sy personeel, aktiwiteite en geriewe goed bestuur word.

 

Stellatraat se eerste punt van kontak is Marelize Bester wie verantwoordelik is vir Inligting en Verhoudings. 

 

Die Kerkkantoor van Stellastraat word oorsien deur Johan Coetsee, onder die toesig van die Kerkraad, Kerkraadvoorsitter, alle leraars en gemeentelidmate.  Versorging van fasiliteite en geboue word ook deur Johan behartig. 

 

Finansiëlebestuur is die verantwoordelikheid van Susan Visagie, terwyl Kommunikasie en databasis-versorging onder leiding van Lollie van Niekerk is. 

 

Die ruggraat van Stellastraat is die kantoor- en terrein-ondersteuningsspan.   Matha Malatji is aktief as kantoor-assistant, en Patrick Thabe en Thabo Radzuma as terrein-assistante.  Thabo is ook verantwoordelik vir Stellastraat se Herwinningsentrum.

 

Die span word word verder ondersteun deur Diensgroep Administrasie en Taakgroep Diensverhoudings.

Die bediening van hierdie Diensgroep is om te help dat al die ander bedieninge slaag. Dit is die wiele van die Stellatstraat trein. Dit is die elke dag se hoe kom ons by die stasie: God se doel vir hierdie gemeente binne sy Koninkryk.

 

Diensgroep Administrasie is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende  terreine te dien:

  • Finansies

    • Die rentmeesterskap van die gemeente

    • Die rekening van inkomste en uitgawes

    • Die jaarlikse begroting en versorging daarvan

  • Eiendomme en Onderhoud

    • Instandhouding van eiendomme

    • Daaglikse versorging

    • ‘Handyman’ betrokkenheid

    • Tegnologie instandhouding

  • Kommunikasie

    • Bepaling van en beheer oor beleid van kommunikasie in en deur gemeente

    • Instandhouding van die webwerf

    • Versorging van databasis

    • Elektroniese en hardekopie kommunikasie

    • Verbetering van al ons wyses van kommunikasie in en vanuit die gemeente – kundigheid met Webblad, Facebook, Instagram, ens.

    • Tegnologiese hulp

    • Beeldsending van die eredienste

    • Klank en beeld versorging tydens eredienste, huwelike en gedenkdienste

  • Diensverhoudinge

    • Predikanteversorging: waardering en evaluering

    • Personeelversorging: waardering en evaluering

    • Opstel en op datum hou van kontrakte en pligtestate

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Malan Nel by 082 661 7888.‬‬‬

FINANSIES

Geen gemeente kan sonder geld bestaan nie en ‘n gemeente se geld kan net van een bron af kom – sy lidmate wat bydraes maak.


Die geld wat Stellastraat ontvang, word gebruik om al sy werkers se salarisse te betaal, om die geriewe in stand te hou, om dienste wat gelewer word te betaal, en om uit te reik na instansies en persone wat nood ervaar.

 

Finasiële bydraes is vrywillig en kan op die volgende maniere gedoen word:

 

Elektroniese inbetalings 

NG Gemeente Suidoos-Pretoria

ABSA (Takkode 632 005)

Rek: 540 580 022

PERSONEEL

Andre Agenbag Foto.jpg

André Agenbag

Leraar

LVZ_9408_edited_edited.jpg

Gerrie Bodenstein

Leraar

LVZ_9413.jpg

Johan Coetzee

Kantoorbestuurder en Fasiliteite- en Geboueopsigter

LVZ_9436.jpg

Lollie van Niekerk

Kommunikasie

Stella Personeel-38.jpg

Martha Malatji 

Kantoor Assistent

076 753 3118

Thabo1_edited.jpg

Thabo Radzuma

Terrein Assistent

079 013 3231

LVZ_9557.jpg

Renate van Niekerk

Orrelis

Stella Personeel-3.jpg

Fay van Eeden

Leraar

Wouter van Wyk Foto.jpg

Wouter van Wyk

Leraar

LVZ_9430.jpg

Susan Visagie

Finansies

Marelize Bester Foto.jpg

Marelize Bester

Inligting &
Verhoudings

Stella Personeel-2.jpg

Patrick Thabe

Terrein Assistent

079 013 3231

Maricus photo.jpg

Maricus le Grange

Orrelis / Musiekleier

LVZ_9422.jpg

Willem Wannenburg

Musiekleier

Finansies
Personeel
Fay Kontak
  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page