
ADMINISTRASIE

Dit is vir Stellastraat belangrik dat sy personeel, aktiwiteite en geriewe goed bestuur word.
Oorhoofs word die bestuur van die gemeente behartig deur Prof Malan Nel. Die finansiële bestuur word gedoen deur Me Susan Visagie, terwyl die databasis (gemeenteregister), ander administratiewe take en die gemeente kommunikasie deur Me Hannalie Odendaal gedoen word.
Me Sandra Vermeulen is verantwoordelik vir die ontvangs asook die bestuur van die geboue en die tuin.
Die bediening van hierdie Diensgroep is om te help dat al die ander bedieninge slaag. Dit is die wiele van die Stellatstraat trein. Dit is die elke dag se hoe kom ons by die stasie: God se doel vir hierdie gemeente binne sy Koninkryk.
Diensgroep Administrasie is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende terreine te dien:
-
Finansies
-
Die rentmeesterskap van die gemeente
-
Die rekening van inkomste en uitgawes
-
Die jaarlikse begroting en versorging daarvan
-
-
Eiendomme en Onderhoud
-
Instandhouding van eiendomme
-
Daaglikse versorging
-
‘Handyman’ betrokkenheid
-
Tegnologie instandhouding
-
-
Kommunikasie
-
Bepaling van en beheer oor beleid van kommunikasie in en deur gemeente
-
Instandhouding van die webwerf
-
Versorging van databasis
-
Elektroniese en hardekopie kommunikasie
-
Verbetering van al ons wyses van kommunikasie in en vanuit die gemeente – kundigheid met Webblad, Facebook, Instagram, ens.
-
Tegnologiese hulp
-
Beeldsending van die eredienste
-
Klank en beeld versorging tydens eredienste, huwelike en gedenkdienste
-
-
Diensverhoudinge
-
Predikanteversorging: waardering en evaluering
-
Personeelversorging: waardering en evaluering
-
Opstel en op datum hou van kontrakte en pligtestate
-
As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Malan Nel by 082 661 7888.‬‬‬
FINANSIES
Geen gemeente kan sonder geld bestaan nie en ‘n gemeente se geld kan net van een bron af kom – sy lidmate wat bydraes maak.
Die geld wat Stellastraat ontvang, word gebruik om al sy werkers se salarisse te betaal, om die geriewe in stand te hou, om dienste wat gelewer word te betaal, en om uit te reik na instansies en persone wat nood ervaar.
Finasiële bydraes is vrywillig en kan op die volgende maniere gedoen word:
Elektroniese inbetalings
NG Gemeente Suidoos-Pretoria
ABSA (Takkode 632 005)
Rek: 540 580 022



