top of page

EREDIENS

In Stellastraat is daar op ‘n gewone Sondag vyf eredienste. 

 

Die 08:30 erediens kan beskryf word as ‘n tradisionele erediens. Die 10:00 erediens is gerig op gesinne met kinders in die laerskool. 

Sondae middae 15:00 is daar ‘n erediens in Sotho. Die Faith Community, wat ‘n ekumeniese groepering is, kom dan bymekaar.

 

Die gewone 18:00 erediens in die kerk is gerig op gesinne met hoërskoolkinders, studente en jong werkendes. Daar is ook 'n meditatiewe erediens om 18:00 in die kapel, bekend as die Stilword-diens.

MEER OOR EREDIENS

 

In die erediens op die eerste dag van die week

•    verheerlik en aanbid ons Hom aan Wie ons behoort 

•    beleef ons ‘saamwees’ as die gemeenskap van gelowiges

•    word ons toegerus om 

       o    elke dag van ons lewe die Koninkryk van God te soek 

       o    hulp en hoop in ons samelewing in te dra.

 

Vir hierdie soort eredienste word ons almal benodig – ons is daar en neem aktief deel.

 

Diensgroep Erediens is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende terreine te dien:

  • Erediensversorging: 

    • Dankoffers inneem en versorg

    • Nagmaal voorberei en bedien

    • Wanneer ons erediens sitplekke nodig het, stoele uit te sit
       

  • ​​​Gasvryheidsbediening

    • Verwelkoming by die deure en plekaanwysing

    • Aanbied van koffie, tee en die versorging van die koppies en bekers
       

  • Musiekbediening - onderleiding van die Orrelis en Musiekleier by eredienste

    • Begeleiding deur musiekinstrumente

    • Deelname aan die sanggroep(e)

    • Tegnologiese hulp

    • Beeldsending van die eredienste

    • Klank en beeld versorging tydens eredienste, huwelike en gedenkdienste

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Ds Fay van Eeden by 083 478 0854.‬‬‬

bottom of page