top of page

ALLES OOR STELLASTRAAT

Lidmaatskap

HOE WORD EK DEEL VAN STELLASTRAAT

Stellastraat is ‘n oop gemeente en enige persoon wat van ons geloofsoortuigings deel is, is welkom om ‘n lidmaat te word.

 

Jy kan enige tyd die kerkkantoor of enige leraar van die gemeente skakel indien jy graag ‘n lidmaat van Stellastraat wil word of jy kan gewoon die vorm 'Nuwe lidmaat aanmelding' invul en elektronies aan ons terugstuur.

Sodra die kerkkantoor die vorm ontvang het, sal een van die leraars met jou ‘n afspraak maak. Jy sal ook na ‘n nuwe lidmaat geselligheid genooi word waartydens jy al die leraars sal ontmoet en waar inligting gedeel word oor hoe die gemeente funksioneer.

Kommunikasie

DATABASIS EN KOMMUNIKASIE

Die databasis is die gemeente se register van almal wie lidmate is. Deesdae word die register op ‘n rekenaarprogram gehuisves. Vanuit die gemeente se databasis kommunikeer ons met al die lidmate. Huidig kan ons ‘n e-pos en ‘n kort teksboodskap aan almal wie besonderhede op die databasisis, stuur.

Dit is belangrik dat lidmate se besonderhede, veral die kontakbesonderhede, korrek is. 

Elke lidmaat kan hul eie besonderhede op Stellastraat se databasis  kontroleer. Gebruik die My lidmaatskapbesonderhede vorm en volg die struksies.

Diens

KERKRAAD EN DIENSGROEPE

Stellastraat se kerkraad bestaan tans uit 25 lede, te wete die vier leraars, drie lede uit elk van die vyf diensgroepe, en ses verkose lede.

Die kerkraad het ‘n oorsig en koordinerende rol in Stellastraat se gemeentestruktuur. Die kerkraad neem wel besluite, maar die gemeente se ’lewe’ is in die hande van die vyf diensgroepe: Administrasie, Toerusting, Uitreik, Erediens en Onderlinge Sorg. Binne hierdie vyf diensgroepe is daar ruimte vir enige persoon wat wil betrokke raak

Black Washed Wall

TOERUSTING

Die gemeente se kalender het die volledige besonderhede oor die Jeuggroepe.

- Laerskoolkinders 10:00 - Hoërskoolkinders 18:00 -

Laerskool kinders se Jeuggroepe (die ou kategese) is gekoppel aan Sondae se 10:00 erediens. Dieselfde tema wat in die Jeuggroepe behandel word, is ook die tema van die erediens. Op die manier is die ouers betrokke by dit waarmee die kinders in die Jeuggroepe besig is.

Dieselfde geld vir die hoërskoolkinders tydens die 18:00 erediens in die kerk.

Die temas van hulle jeuggroepbyeenkomste, word in die erediens hanteer.

Kleuterkerk

 

Stellastraat het ‘n kleuterkerk wat elke Sondag tydens die 10:00 erediens in die kleuterlokaal plaasvind. Ouers wat die 10:00 erediens bywoon, is welkom om hulle voorskoolse kleuters voor die 10:00 erediens in die sorg van Stellastraat se kleuterkerk te plaas.

bottom of page