top of page

SORG

Die lewe van ‘n gemeente word bepaal deur die onderlinge verhoudinge tussen gemeentelede. ‘n Gemeente is mense wat bymekaarkom om die liefdevolle en omgee-liggaam van Christus te wees. 

In ‘n gemeente soos Stellastraat, met ongeveer 3000 lidmate, is dit onmoontlik dat alle lidmate mekaar ken, wat nog daarvan dat almal met mekaar in ‘n omgee-verhouding kan wees. Maar ons gaan nie ophou om situasies te skep waar soveel as moontlik van die lidmate mekaar ken, en hulle ingesteldheid van omgee teenoor mekaar uitleef nie.

Diensgroep Onderlinge Sorg is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende  terreine te dien

 

Lede van Diensgroep Onderlinge Sorg probeer geleenthede skep waartydens lidmate dinge saam doen en mekaar beter leer ken.

 

  • Saam te dink oor moontlikhede om mekaar beter te leer ken en saam met ander te dien

  • Gemeentefees (jaarliks)

  • Gemeente-ete (kwartaalliks)

  • Wegbreeknaweek (jaarliks)

  • Gemeente-toere (twee-jaarliks)

  • Senior lidmate bediening

  • Senior lidmaatbyeenkomste (kwartaalliks)

  • Wildtuintoer (jaarliks)

  • Siekebediening 

  • Omgeegroepe 

  • Staptoere (jaarliks)

  • Gesinsbyeenkomste (jaarliks)

  • Manne-aande (jaarliks)

  • Lees- en geselsgroep

  • Nuwe lidmate

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Ds Anton Pienaar, ‭

083 458 8712‬‬.

bottom of page