top of page

TOERUSTING

Diensgroep Uitreik is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende  terreine te dien

  • Hulp by die Biblioteek

    • Bybelstudie (Woensdag 09:00 en 19:00) in die konsistorie.

    • Bottel- en bordaande – kuiergeleenthede wat ‘n aktuele saak aanspreek.

    • Kleuterkerk vir voorskoolse kleuters tydens die 10:00 diens in die kleuterlokale langs die biblioteek.

    • Jeuggroepe:

      • Junior jeuggroepe (Gr 1-7) net na 10:00 diens.

      • Senior jeuggroepe (Gr 8-10) net na die 18:00 diens.

      • Verbintenisgroep (Gr 11) net na die 18:00 diens.

    • Jong volwassenes – verskillende Omgeegroepe waarby jongmense kan inskakel.

    • Toerusting van ouers – veral ouers met kleuters.

    • Huweliksverryking – maak tyd vir mekaar aande.

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Ds Tienie Bosman, 083 627 5086.

JEUGGROEPE

Die gemeente se kalender het die volledige besonderhede oor die Jeuggroepe.

- Laerskoolkinders 10:00 - Hoërskoolkinders 18:00 -

Laerskool kinders se Jeuggroepe (die ou kategese) is gekoppel aan Sondae se 10:00 erediens. Dieselfde tema wat in die Jeuggroepe behandel word, is ook die tema van die erediens. Op die manier is die ouers betrokke by dit waarmee die kinders in die Jeuggroepe besig is.

Dieselfde geld vir die hoërskoolkinders tydens die 18:00 erediens in die kerk.

Die temas van hulle jeuggroepbyeenkomste, word in die erediens hanteer.

Kleuterkerk

 

Stellastraat het ‘n kleuterkerk wat elke Sondag tydens die 10:00 erediens in die kleuterlokale langs die biblioteek plaasvind. Ouers wat die 10:00 erediens bywoon, is welkom om hulle voorskoolse kleuters voor die 10:00 erediens in die sorg van Stellastraat se kleuterkerk te plaas.

bottom of page