top of page

UITREIK

HOE KAN JY BETROKKE RAAK

Diensgroep Uitreik is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende  terreine te dien:

 

  • Operasie Restourasie is ’n eendagprojek waartydens daar verf- en herstelwerk gedoen gaan word aan ’n gebou van een van ons vennote.

  • Die Asap-speelgoedprojek (Adopt a South African Preschool) wat met buitelandse donasies opvoedkundige speelgoed vir kleuterskole verskaf.

  • Die Danville gesinsdag. Daar is baie hande nodig om daar te help.

  • Ondersteuning aan Huis 8 van Jakaranda kinderhuis.

  • Die klerestoor - daar is iemand nodig wat oorhoofse verantwoordelikheid kan neem vir die klerestoor en sorg dat klere wat inkom, georden en versprei word.

  • Ons het ’n kontakpersoon nodig wat kan skakel met Mabeskraal, ’n arm VGK-gemeente anderkant Sun City.

  • Die aanry van mieliemeel na van ons vennote toe.

  • Ondersteuning van Brooklyn polisiekantoor. As daar ’n lidmaat is wat reeds op die Gemeenskapspolisiëringsforum dien, sal dit wonderlik wees.

  • Die maak van sop en toebroodjies vir die sopkombuis by die Gemeente Sentrum.

  • Skakeling met verskillende kleuterskole.

  • Omgewingsondag en omgewingsbewustheid.

  • Logistieke hulp met die verskaffing van kos aan behoeftige gesinne.

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel asb Louise Jackson by 083 348 8304 of Ds Fay van Eeden by 083 478 0854.

bottom of page