Bottel en bord-aand

25 Maart 19:00

Die tema van die aand is: “wat as ek anders begin glo?” James gaan as gespreksleier optree. Die rede vir die gesprek lê in die veelbesproke boek van Dr Ben du Toit wat onlangs verskyn het, God – is daar ‘n ander antwoord? Daar is baie mense wat wonder wat is geloof, hoekom verloor partymense hulle geloof, en aan die anderkant is daar mense wat weer begin om te glo? Glo in wat? Waarom glo ons? Kom dink en praat gerus saam!

 

Onthou tydens ‘n bottel en bord aand bring elkeen sy eie eet- en drinkgoed en die gemeente bewerk ‘n gesellige kuieraand. Ons kan 70 mense in Binnehof akkommodeer. So ons vra vir vooraf registrasie, asseblief. Donderdag 25 Maart 19:00 in die Binnehof.

 

Sakel gerus die kerkkantoor by 012 460 8570 om te bespreek.

  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021