top of page
Search

Hoop

Dis lente. Die dae is langer en warmer. Dis weer tyd om kaalvoet te loop en roomys te eet. Na ‘n baie lang en koue winter kan ons uiteindelik uitsien na die kleure van die natuur wat ontwaak.


Lente is die perfekte voorbeeld van Hoop. Hoop is ‘n eenvoudige woord maar dra soveel gewig. Sekerlik een van die beste flieks wat Hoop mooi uitbeeld is The Shawshank Redemption. Aan die einde lees Red ‘n brief wat Andy vir hom geskryf het en daarin staan: “Remember Red, hope is a good thing, maybe the best of things and no good thing ever dies.”


Hoop is ‘n keuse. Die keuse om aan te hou glo, die keuse om die natuur te bewaar en die keuse om vir mekaar lief te wees. My gebed vir jou in dié lentetyd is dat jy sal aanhou hoop. Al voel dit dalk nog bietjie soos winter, weet dat jy altyd by die kerk ‘n veilige vesting van Hoop kan vind.


Mag die woorde van Genesis 1:3 vir ons almal ‘n troos wees. “Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig.” Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie, weet ons dat die son môre gaan skyn. Dis Hoop.


7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page