top of page
Search

Ons kerk, ’n omgee-kerk

Ek is in 1956 in die NG Gemeente Stellenbosch-wes gedoop en het in 1974 in die Lynnwoodgemeente belydenis van geloof afgelê. Destyds het ons van “aanneming” gepraat, wat ook in die volksmond “boerematriek” genoem is.


Dit is ‘n lang pad met die NG Kerk. Die laaste 37 jaar, sedert Oktober 1987, is hierdie pad met Stellastraat se gemeente. As ek oor enige tydperk sedert 1956 of sedert 1987 nadink, is ek bewus van verandering binne die kerk.


Die boodskap het verander. Vir baie jare het die NG Kerk die Nasionale Party-regering getrou ondersteun, met politieke ondertone in baie preke. Saam met politieke verandering het die NG Kerk se profetiese stem teruggekeer, wat onder meer kritiek op die regering insluit. Ongelukkig het ons te midde van politieke verandering in 1987 kerkskeuring beleef, toe die Afrikaanse Protestantse Kerk van die NG Kerk weggebreek het. Seremonie was vir baie jare belangrik. Ek onthou manelpakke met wit strikdasse vir kerkraadslede, dominees in togas, vroue met hoede en mans met pakke klere. Hoërskoolseuns het dikwels kortbroekpakke gedra, met dasse ten spyte van hitte, maar kinders is gesien en nie gehoor nie. Dominee se woord was wet, want die amp het die persoon gedra. Verandering was ten goede. Seremonie is laat vaar, met ‘n boodskap wat op geloof in ‘n onvolmaakte wêreld fokus. Die NG Kerk het gegroei tot ‘n Omgee-kerk.

43 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page