top of page
Search

Orrelprojek 2024

Ja, julle lees reg. Daar word weer aan die orrel gewerk. Ek hoop nie dat lidmate dink hierdie orrelis breek die ding nie. Soos julle weet dateer ons orrel uit 1955. Die orrel is ‘n ‘Walcker Opus 3327’, en is destyds uit Duitsland ingevoer deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers.


Om ‘n lang storie kort te maak wil ek julle graag inlig oor wat nou gaan gebeur met die orrel. Soos baie ander orrels in Suid-Afrika is dit nodig dat ons nou groot herstelwerk moet doen weens die ouderdom van die instrument.


Daar is in die verlede aan die orrel gewerk, maar met die orrel se groot skuif na die balkon jare terug, was noodsaaklike instandhouding nie gedoen nie weens kostes. Ons het so paar jaar terug groot probleme met die elektroniese kant van die orrel beleef en probeer om dit reg te stel. Ons onthou almal hoe daar vir maande gesukkel was om die orrel weer aan die speel te kry. Deur daardie hele proses is vasgestel dat ons wel die Solid State sisteem moes installeer. Natuurlik is daar groot kostes hieraan verbonde. Na ons orrelbouer Mnr Todd oorlede is, het ek die maatskappy Cooper Gill and Tomkins genader om te kom kyk en te adviseur. Daar is ook twee ander orrelbouers se advies gevra. Ons is in vir Groot dinge – en dit is op die ou einde onvermydelik dat ons hierdie werk moet laat doen.


Nou ja hier is dit nou. Die orrel sal vanaf 4 Maart nie meer speel nie. Die orrelbouers meen dit sal ongeveer 3-4 maande neem om die werk klaar te maak. Hierna sal die orrel uiteindelik op ‘n nuwe standaard wees en reg om die volgende 70 jaar te hou, met die nodige instandhouding natuurlik. Baie dankie aan die kerkraad wat ingestem het tot die projek. Vir Stellastraat is musiek en eredienssang baie belangrik, en daarom sien ek uit na die volgende hoofstuk met die “Old Lady” of hoe sal ek nou sê?

14 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page