top of page
Search

Blouwillem se nier

Willem Theron, Blouwillem, is volksbesit. Sy vriende is glad nie verbaas dat hy die afgelope week een van sy niere aan sy dogter Lean gegee het nie. Dit is hoe Willem is – hy gee nie net ontsaglik baie vir sy familie om nie, hy gee om vir alle mense. Sy dogter wat weens diabetes, sedert haar sestiende verjaarsdag op nierdialise is, het ‘n gesonde nier nodig gehad, en ek weet Willem het nie ‘n oomblik getwyfel nie. Hy het twee niere en sy dogter het een nodig.


Maar daar is nog ‘n ‘wonder’ aan Willem se liefdesgebaar. Om ‘n lewensbelangrike orgaan uit een mens te haal en in ‘n ander mens oor te plant sodat die mens se lewe kan voortgaan, is gewoon ‘n wonder van die moderne mediese wetenskap. Die mens se vermoë om die ruimte te verken, ‘n atoom te verdeel en om die gehalte van lewe te verander, is buitengewoon. “Wat is die mens dan?” het die ou psalmdigter reeds gevra. Die mens is begaaf met talente, met vermoëns – waarom besef die groot groep weerstandiges teen die covid-entstof dit nie? Willem se nier vertel nie net van die liefde van ‘n pa vir sy dogter nie, dit vertel ook van die buitengewone vaardighede wat in die mens teenwoordig is.

63 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page