top of page
Search
Anton Pienaar

Convergence4SA is die regte roete!

Dit is die regte ding om te doen! Die kerk kan nie wegstaan van die politiek nie. Politiek bepaal hoe die strukture van die samelewing lyk, en hoe die samelewing moet funksioneer.


Daarom is die NG Kerk se betrokkenheid by die Convergence4SA wat die afgelope week aangekondig is, ’n uitstekende besluit! Die Convergence4SA beweging gaan nie by ’n politieke party betrokke raak nie, maar gaan mense aanmoedig om polities sensitief en betrokke te raak. Om eerstens te gaan registreer as kiesers. Maar ook om hande te vat in pogings waar strukture reeds ingeplof het, te red wat te redde is.


Daar was altyd die waarskuwing dat kerke nie by politiek betrokke moet raak nie. Maar kerkmense is ook samelewingsmense. Daarom behoort kerkmense verantwoordelikheid te neem vir die wyse waarop die samelewing funksioneer. Die kerk moet help dat die samelewing nie oorval word deur misdadigheid, korrupsie, onreg en eie belang nie.


Ek glo daar is in die NG Kerk mense wat uitstekende werk in die Convergence4SA beweging kan doen. Kom ons ondersteun hulle!

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page