top of page
Search
Writer's pictureAnton Pienaar

Die allermooiste indringer!

Die eerste twee is in die 1880’s uit Brasilië ingevoer en in Arcadia geplant. Waarskynlik omdat dit ‘n mooi sierboom en skaduboom is. Die volgende sarsie Jakarandasaad het per ongeluk hier aangekom, uit Australië, en is toe maar deur die staatskweker, James Clarke, geplant. En siedaar, ons word die Jakarandastad!


Die Jacaranda (genus) mimosifolia (spesie) kom oorspronklik uit die Andes, suidelike Bolivië en aangrensende Argentinië. In Suid-Afrika en in Queensland, Australië, word dit as ‘n indringerplant beskou. Veral omdat die boom ‘n watervraat is.


Vir ons Pretorianers het die Jakarandaboom ons identiteit geword. Elke jaar in Oktober word ons getooi in ‘n pers lappieskombers. Ons lappieskombers! Mag ons nooit so gewoond aan ons Jakarandas word dat ons dit nie meer raaksien nie!


Na skatting is daar meer as 70 000 Jakarandabome in Pretoria. En baie van ons is dankbaar om te sien dat die Stadsraad steeds nuwe Jakarandaboompies op ons sypaadjies aanplant.


7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


bottom of page