top of page
Search

Die Groot Lydensweek

Dit is hoe die volgende week in die christelike tradisie bekend staan. Volgens die evangelies is dit die laaste week voordat Jesus gevange geneem, verhoor en uiteindelik gekruisig is. Verskeie momente van Jesus se lyding word in die week opgeroep.


Die eerste is dat op Sondag Jesus se toetrede in Jerusalem herdenk word. Die uitgooi van die volgelinge se bo-klere en palmtakke terwyl Jesus op ‘n donkie-vul die ou stad binnery word in herinnering geroep. Daarom word Sondag Palmsondag genoem. Christene wêreldwyd neem op een of ander manier Sondag hulle eie kruisie op, al is dit simbolies in die vorm van ‘n tuisgemaakte palmkruisie - om hulle opnuut te verbind aan Jesus se lyding in die laaste week.


Donderdag staan bekend as Maundy Thursday, die dag waarop Jesus sy dissipels se voete gewas het, en waarop hulle vir oulaas die Pasga gevier het. Vrydag herdenk die kerk die kruisiging van Jesus, en Saterdag word genoem Swart Sondag. Op dié dag is christene wêreldwyd in stilte bewus van Jesus wat in die graf is. Sondag verander die toon van christene se emosies wanneer hulle die opstanding van Jesus met blydskap vier.

312 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page