top of page
Search

Die honorable speaker en klassieke onreg

As me Thandi Modise die diere op haar plaas in die noordweste aan hulle eie lot oorgelaat het. As die werker op die plaas gevra het vir kos vir die diere, en hyself karig vergoed is, en, hy helaas maar gedros het van die omstandighede. As die nuusberigte oor dié gebeure op die plaas Modderfontein, die volle waarheid is. Dan is die betrokke landros se uitspraak dat die klag teen honorable speaker nie gewig het nie, niks anders dan klassieke onreg nie.


As jy jou huis verhuur, en die huurder wat dros is agterstallig met die elektrisiteitsrekening, word die eienaar daarvoor verantwoordelik gehou – nie waar nie? Waarom is die honorable speaker vrygestel van verantwoordelikheid? Wanneer kry ‘n mens die status dat jy nie meer verantwoordelik gehou kan word nie?


In hierdie geval is die slagoffers van onreg die arme werker - waarskynlik een van die armste van armes - en die diere. En nog ‘n slagoffer is die mense van die land, wat nie meer kan reken op regspleging wat armes en hulpeloses kan help in hulle stryd teen uitbuiting en vertrapping nie.


9 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page