top of page
Search

Die Numbihek en Psalm 121

Ons het ook onlangs deur die Numbihek van die Krugerwildtuin moes ry. Waar die Duitse toeris die afgelope week koelbloedig vermoor is. Nadat ons dié pad gery het, het ons gesê: nie sommer weer nie. Dit was veral die talle skerp spoedwalle in die pad, wat jou telkens byna moet laat stop, wat ‘n mens onrustig maak. As jy daar ry, hoop jy heeltyd jy kan vinnig hier uitkom. Ironies genoeg is daar nie vêr van die Numbihek ‘n groot padteken wat aandui as jy hier afdraai, gaan jy Jerusalem toe. Ek het gewonder watse plek ‘Jerusalem’ net buite die wildtuin kon beteken? Was dit ‘n ou sendingstasie, of dalk ‘n kultusgroep wat daar gewoon het? Intussen het ek uitgevind dat dié Jerusalem ‘n nedersetting in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit in die ooste van Mpumalanga is.


Dit is nogal ironies. Een van die moontlike verklarings van die bekende Psalm 121 is dat ‘n voornemende reisiger, ‘n priester sou nader. Dalk ‘n priester wat by die tempel in Jerusalem van oud-Israel gewerk het. Die reisiger wat te voet sou gaan, was bang vir die gevare wat op die pad kon opduik, en sou dan aan die priester vra: Ek slaan my oë op na die berge (ek gaan op reis), waar sal my hulp vandaan kom? Die groot vrees was struikrowers en die woestynson. Die priester sou dan antwoord met ‘n seëngebed: “My hulp kom van die Here wat die hemel en aarde gemaak het.”


Waar in ons land is dit veilig as ons reis? ‘n ‘Roekelose’ vragmotor wat 20 kinders se lewens voortydig neem. Die talle slaggate op ons paaie wat vele mense se lewens al vermink het. Padwoede. Skerp voorwerpe wat op paaie gegooi word. Motorkapings. Dalk is Psalm 121 in 2022 meer aktueel as wat ons gedink het?


12 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page