top of page
Search

Die president en die regspraak

Die Bybel praat op talle plekke van die regspraak. In die Ou Testament word konings dikwels aangespreek as hulle (God se) geregtigheid in oneer bring. In die Nuwe Testament is Jesus baie ferm as hy sê geregtigheid (en barmhartigheid) is die pilare van God se koninkryk. Regverdige regspraak bepaal die gehalte van die individu se lewe, maar bring ook harmonie na die samelewing.


Dit is nog te meer waar in ‘n samelewing wat homself ‘n demokrasie noem. In ‘n demokrasie is daar nie ‘n koning nie, al die burgers is gelyk voor die reg. As die president van die land ‘n landswet oortree, behoort hy net soos enige ander burger daaroor gekonfronteer te word. En as hy skuldig is, moet hy tot verantwoording geroep word.


Godsdienstige mense behoort altyd respek vir die wet te hê. As ander mense die wet probeer ondermyn, die regspraak probeer vermy, gee dit nie vir Jan en Alleman die reg om dit ook te doen nie. Wanneer jy die regspraak respekteer, respekteer jy jou medemens en die land waarin jy woon. Wanneer jy die regspraak respekteer, bevestig jy jou eie integriteit.


9 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page