top of page
Search

Die Siener van Rensburg - sindroom en vredemaak

Afrikaners is bygelowig. Gelukkig nie almal nie, maar baie wel. Ek ken nie eintlik ander kultuurgroepe nie, en aanvaar dat dit oral maar dieselfde is. Die huidige terugval na ‘n primitiewe ingesteldheid deur baie mense wat glo daar is ‘n bose sameswering teen die mensdom aan die gang, is ‘n bewys daarvan. Sommige glo die huidige entstowwe waarmee mense teen die covid 19-virus ingespuit word, is eintlik die begin van ‘n massa-uitwissing.


Sal die wêreld se groot farmaseutiese maatskappye regtig beplan om die wêreld se topleiers te vermoor, en so ook hulleself keel af-sny? Dit is gewoon gek om met jou selfoon – waarmee bloedige rewolusies al begin is – ander mense bang te maak vir ‘n entstof wat dalk baie mense se lewens kan red.


In die kerk is ek baie moedeloos daaroor. ‘n Persoon wat sy hele lewe lank in die NG Kerk is vertel my met oortuiging dat ons nou in die kort tydjie van verdrukking waarvan die Openbaringboek vertel, ingegaan het. Dit is waar die virus en die entstof inkom. Wat het die kerk in al die jare in dié persoon se lewe gemaak? As mense die bedenklike soort interpretasies van die Bybel aanhang, het die kerk rede om in sak en as te wees. Hoe gaan ons bygelowigheid ontgroei? Seker nooit nie, en hoe gouer ons daarmee vrede maak, hoe beter.

14 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page