top of page
Search

Dienste vir almal

Dienslewering. Dit was die afgelope week se gonswoord. Gemeenskappe in die land soek na mense wat kan dienste lewer. Dienste soos om te sorg dat elke huis water het, dat elke mens toegang tot behoorlike sanitasie het, dat die strate van ons woonbuurte skoon sal wees, dat die toegangspaaie na ons werke en skole veilig en maklik begaanbaar sal wees. Gesonde dienslewering weerspieël ‘n gesonde samelewing. En nie net dienste vir party mense nie. Vir al die mense van die samelewing op dieselfde manier. Almal van ons is geregtig, op grond van die belasting wat betaal word, dat dienste gelewer word met die geld wat ons kollektief bygedra het.


En dan is daar mense wat weens omstandighede nié belasting kan betaal nie – weerlose en arm mense – hulle het die reg op dieselfde dienste. Hulle is in ons almal se harte en gewetens. Wanneer verkose mense verantwoordelikheid neem om die voor die hand liggende dienste aan mense te lewer, dan bou dit ‘n samelewing van karakter. Laat ons aan die hoop vashou!

20 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page