top of page
Search

Dis ‘n fees om ‘n Stellastrater te wees!

Katinka Joubert

Verlede naweek het ongeveer 200 Stellastraters saamgespan vir die Gemeente Wegbreeknaweek by die Olifants River Lodge. Wat ‘n voorreg om saam met die gemeente langnaweek te kon hou. Vir meer perfekte weer kon ons nie gevra het nie. Vir ‘n mooier view kon ons nie gevra het nie. Vir meer spesiale mense en geselskap kon ons nie gevra het nie. Ons het gebraai en gelag en mekaar beter leer ken. By mekaar se tafels gesit en saam gebid. Chats gebou met nuwe kennisse en herinneringe gedeel. Ek is dankbaar vir Stellastraat se geloofsfamilie en die dominees. Ek is trots om aan so ‘n gemeenskap van gelowiges te behoort.


In die woorde van Breyten:


“Mag die sterre en die berg en die stilte

Oor julle en julle gesin(ne) bly waak

Nou en môre en môre se aand

En elke van daardie dae se nag.”


- Seisoen in die paradys


 
 
 

Comments


  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page