top of page
Search

“Dit is moeilik om jou te vra”

Dit is so moeilik om jou te vra. Dit is soveel makliker as jyself kom sê.


Stellastraat is op ‘n manier weerloos. As lidmate nie bydraes maak nie, hou ons net daar en dan op met bestaan. As lidmate nie vrywillig navore tree en help om die struktuur van die gemeente aan die loop te hou nie, gaan die klein klompie wat oorbly, weens uitputting padgee.


Stellastraat het jou vrywillige tyd en hande nodig. Daar is mense nodig wat help om die erediens te laat vlot verloop (erediensversorgers), om die kollektes op te neem, om te help met die teeskink, om te help as ‘n leier vir ‘n jeuggroep, om ‘n sosiale geleentheid te reël, om ‘n vriendelike gesig by die kerk te wees!


Ons onderneem om nie jou lewenstyd oor te neem nie. Maar as jy dan en wan kan help waar ons ‘n mens nodig het, sal dit wonderlik wees! Laat weet asseblief die kerkkantoor as jou hart so sê!


8 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page