top of page
Search

Gaan ons restart of reformat?

Links onder op jou rekenaarskerm is daar by “power” drie opsies te wete “sleep, shut down en restart” (dit is nou as jy nog nie uitverkies is om met ’n Apple Mac te werk nie). Die drie opsies verteenwoordig so min of meer die reaksie van kerke op die Covid-pandemie. Op sommige plekke is kerke nog in ’n sleep mode en sukkel om wakker te word en op ander is hulle met die shut down proses besig. Verreweg die meeste gemeentes is egter met die restart-knoppie doenig. Van die drie sekerlik die beter opsie om te volg.


Trouens, oor die jare was dit nog altyd vir my die terugval-opsie as die rekenaar steeks is. “Dudley, wat moet ek doen? My rekenaar hang!” was meermale my noodroep na my seun wat ek laat leer het. “Verduidelik net weer mooi. Wat presies sien jy op die skerm?” en “Het jy al ge-restart?” was die standaard reaksie. Dit werk meeste van die tyd om te restart. Daarom verstaan ek die reaksie van die gemeentes so goed. Ons moet weer aan die gang kom. Ons moet restart. Die probleem is net dat dit nie altyd werk nie. Daar was die keer toe ek moes hoor ”Pa, ons sal die hardeskyf moet reformat. Dit gaan niks help om te restart nie.” My eie aanvoeling is dat restart ook nie hierdie keer vir die kerk gaan werk nie. Dit is tyd vir mooi kyk wat op die skerm aangaan en dan eerder te reformat. En dit is nie net slegte nuus nie. Meteens kan jy ook ontslae raak van diep verskuilde probleme wat met tyd deel van jou sisteem geword het en is jy na alles beter af as voor die krisis.


Reformatting vir die kerk beteken om weer die Handleiding uit te haal en deeglik te bestudeer. Wat is die dinge wat die kerk moet doen? Wat is regtig ons kernbesigheid? Watter programme kan maar gerus ge-delete word? Hoe groot is die databasis van lidmate werklik? Wat is noodsaaklik en wat is oorbodig? Die reformatting kan ons dalk help om weer waarlik kerk te wees. Dit is nou as ons die durf en moed het om dit te doen. Heimlik wens ek dat ek as jong predikant op so tyd in die kerk kon begin werk. Niemand kan vir jou sê dit moet so werk, want dit was nog altyd so nie. Watter opwindende nuwe moontlikhede wag daar vir ons!?


NS. Verskoning vir al die Engels. My adviseur bly in Boston en sy Afrikaans is nie meer op peil nie.


11 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page