top of page
Search
Elize Castelyn

Gee jou hande

Gaan jy in ‘n Mall in – by die deur staan iemand gereed om jou hande te spuit. Dit is nie maklik om jou hande uit te hou nie – wat spuit hulle – is dit die regte goed? Wat staan op die botteltjie? Party plekke se “spuitgoed” is taai of dit ruik nie lekker nie of dis net so drie druppels - andere se trapstasies is weer oorweldigend met die hoeveelheid en waar dit spuit. Mens voel weerloos en uitgelewer maar tog is daar ‘n groot stuk omgee.


“Hou jou hande dat ek dit spuit.” Die woorde weerklank al meer as ‘n jaar lank in ons lewens. By die Spar is daar ‘n vrou wat aan haar man sê: “Gee jou hande.” Dan spuit die botteltjie. Hoeveel omgee en liefde lê daar nie in “Gee jou hande” of “Wag ek maak jou masker reg nie”? In hierdie tyd moet jy jou hande leeg hou al is dit nie maklik nie – almal van ons – vir party is dit hande hou vir kos of ‘n kombers of spuitgoed. Dit is telkens ‘n “blessing.” Dit is net soos toe jy klein was toe jy jou oë moes toe hou en jou handjies bak.


Hier in Stellastraat is daar soveel waarmee ons geseën word en waarmee uitgereik word om andere te seën. Die spuitgoed het omgee en liefde in. By die voordeur is daar ‘n tafeltjie waarop die “spuitgoed” staan. Daar is botteltjies ontsmettingsmiddel in die huis, in almal se karre en die heel ou klein botteltjie in die handsakke. Elke Sondag voor TV-kerk word hulle volgemaak vir die week. Waar ons die week gaan word die hande telkens gespuit, selfs Sondag by die kerk. Mag almal beleef in die weke wat kom dat Stellastraat se “spuitgoed” vol liefde en omgee is. Ek weet ek is geseënd.

19 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page