top of page
Search

Geseënde paasfees!

“Meer kerk en minder drink” was Netwerk 24 se eerste en pittige samevatting van die inperkingsmaatreëls vir dié paasnaweek. Die Paasnaweek het inderdaad die laaste dekade of wat in vele opsigte “meer” geword. Meer lidmate het onder die indruk gekom van die belangrike plek wat die paasgebeure in ons geloofsverhaal inneem. Meer mense het seker gemaak dat hulle in die kerk is oor die Paasnaweek. Ons het as kerk meer van die viering daarvan begin maak. Dit was ‘n inspirerende reis van herontdekking van die hart van die Evangelie. Pase 2021 sal, virus ten spyt, weer sy regmatige plek in Stellastraat inneem. Sien jou by die kerk (fisies of virtueel).

26 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page