top of page
Search

“God se weerlose oormag” (Stellastraat se Paasnaweek-tema)

Volgende week is dit in die Christelike kerk, die jaarlikse Groot Lydensweek. Christene oor die hele wêreld gaan elke dag van die week probeer meeleef met die laaste paar dae van Jesus se lewe op aarde. Die naweek 14-17 April, is dit Paasnaweek, waartydens ons doelgerig die kruisdood en opstanding van Jesus gaan herdenk.


Eerskomende Sondag, 10 April, is dit Palmsondag. Die dag waarop Jesus Jerusalem binnegegaan het en sy volgelinge palmtakke voor hom geplaas het. In Stellastraat wil ons voorstel dat vir die Groot Lydensweek, elke gesin ‘n prominente kruis in hulle huis sal oprig. Hetsy by die ingang van die huis of op die etenstafel. ‘n Plek waar die huisgesin aan Jesus se lyding herinner kan word. Gewoonlik het ons vir elkeen wat in die kerk is op Palmsondag ‘n palmkruisie gegee. Vanjaar vra ons dat elke gesin hulle eie kruisies maak.


Op dié video, https://www.youtube.com/watch?v=nGEhbMkJoLE kan jy sien hoe om die palmkruisie te maak. Op Goeie Vrydag bring ons almal ons selfgemaakte kruisies kerk toe. Vir die wat nie met palms ‘n kruisie kan maak nie, sal enige kruisie van organiese materiaal ook werk. Donderdagaand 14 April 19:00 is daar ‘n Paaswyding-musiekaand in die kerk. Maricus en verskeie kunstenaars gaan die geleentheid lei om ons voor te berei vir die Nagmaal op Goeie Vrydag. Vir Vrydag 15 April se Goeie Vrydag-nagmaal, 09:00, vra ons dat almal sal probeer om donkerkleurige klere aan te trek, en vir die Opstandingsdiens Sondag 17 April, die teenoorgestelde: wit of ligtekleurige klere.

25 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page