top of page
Search

Herfsblare

In die suidelike halfrond val Lydenstyd saam met herfs, die seisoen waaroor NP van Wyk Louw in sy bekende gedig Vroegherfs geskryf het: “Die jaar word ryp in goue akkerblare …”


Die eerste agt reëls van die gedig beskryf die veranderende seisoen en dan gaan dit oor in gebed: “O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sierraad was …” Daar gaan dit nie meer oor blomme en blare wat val nie.


Die spreker in die gedig bid onder meer: “… laat stort my eie waan …” Hiermee sluit Van Wyk Louw se gedig direk aan by ’n baie ou gebruik in Lydenstyd: om selfondersoek te doen, om gestroop te word van trots, van selfgesentreerdheid.


Om ons daaraan te herinner, het ons tydens hierdie Lydenstyd groot koperbakke met droë blare by die kerk. Daarmee saam word lidmate genooi om self herfsblare te bring en dit by te voeg by die blare wat reeds daar is.


Dit kan ons doen met die bede uit die gedig: “O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sierraad was …”


Gaan kyk gerus op die webwerf www.stellastraat.co.za onder die skakel Jaar met God na die inligting wat daar oor Lydenstyd gegee word.

6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page