top of page
Search

In Lydenstyd besef ons opnuut ons eie sterflikheid

Ons is nou in die 3de Lydensweek en wanneer ons oor die lyding van Jesus nadink, sien ons ons eie kwesbaarheid ook in sy worsteling. Wanneer Jesus dan aan die kruis uitroep “My God, my God waarom het U my verlaat?” (Mat 27:46) dan beleef ons ons eie verlatenheid en eensaamheid.


Wilhelm Jordaan het hierdie verlange in ‘n pragtige gedig geskryf:

“In drome vol van angs bedien my Heer my ‘n klein sakrament.

Uit sy hand breek die maan wit wolke oop tot sagte nagmaalbrood.

En more by ontbyt sit ek aan die tafel, sny ek uit die bakkersbrood

Die nag se droom weer oop.

O Vlees van die Woord voed my in hierdie more met U hemelgraan

dat iets van U nagmaal in my dag bestaan.” (Beeld 16 Feb 2022)

46 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page