top of page
Search

In lydenstyd dink mense ook aan mekaar

Lydenstyd is ’n swaar tyd. Die meeste mense ignoreer dit eintlik. Wie wil nou sewe weke lank elke Sondag aan Jesus se swaarkry dink? Ons doen dit mos elke keer as ons Nagmaal vier? En wat sê mens daaroor sonder om dieselfde woorde te herhaal?


Dalk is dit omdat ons net fokus op Jesus, sy vernedering, sy vervolging, sy verhoor en sy kruisiging. Wat ons moet verstaan is dat Jesus se lyding ingebed is in die lyding van mense. Jesus word deel van mense wat swaarkry. Hy kom kry saam met mense swaar.

Vir die kerk beteken dit: God kry swaar saam met die mense. Daarom moet ons die swaarkry van mense in die tyd nie laat verbygaan nie. Ons moet ook sensitief wees vir die wêreld waarin Jesus homself laat in-bind (gekruisig) het. Dink maar aan die ellende van talle mense wat huidig weens politieke oorloë in wanhoop beland het. Dink aan die swaar van ouers wat hulle kinders aan die dood moes afgee. Dink maar aan die mense wat geteister word deur natuurrampe. Dink aan mense wat eensaam geword het. Dink aan hulle wat die lewe in baie opsigte te swaar begin vind.


7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page