top of page
Search

Jos Wium was ‘n gawe aan Stellastraat

Die kerk sou baie anders gelyk het as daar meer Jos Wium’s in sy geledere was. Hierdie merkwaardige vrou is verlede week aan die ouderdom van 92 jaar oorlede. Tannie Jos het elke dag in haar lewe vir iemand anders iets gedoen. Sonder om ooit ‘n teenprestasie of ‘n dankie terug te verwag. Dikwels vir mense wat sy nooit geken het nie. Sy het in haar tagtigs nog elke week kos by die kerk kom oplaai en dit gaan afgee in Sunnyside.


Onverbiddelik getrou. Soos wat sy elke Sondag van haar lewe op haar plek, skuins regs van die klankbord, in die kerk gesit het. Sy het altyd geglimlag. Sy was altyd bang sy doen iemand moeite aan. Sy het haar nie gesteur aan strydgesprekke of hogere sake nie. Sy was die verpersoonliking van naasteliefde. Jos Wium het net gedoen wat goed is.


Saterdag gaan net haar naaste familie van haar afskeid neem. Die mense wat haar hart en gene gekry het. Mense soos sy. Jos Wium was ‘n gawe aan Stellastraat. Ons eie moeder Theresa. Ons dank die Here vir haar lewe.

10 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page