top of page
Search

Jou bybel is jou kerktoegaan-handsak

“Dit is darem lekker dat die dominee die teks van die Bybel op die skerm sit tydens eredienste. Dit is so gerieflik, ek hoef nie meer my Bybel saam te vat as ek kerktoe gaan nie.”


Die dominees van Stellastraat het hulle ‘gevoel’ met mekaar gedeel. En hulle is onrustig. As ‘n mens nie meer die Bybel in die hand neem nie, gaan die Bybel al meer vergete raak. Die leefstyl van mense het so geword dat daar in elk geval al minder gelees word. Die moderne mens het in baie opsigte ‘skerm-mense’ geword. Ons kyk na prente en vinnige beelde wat op TV-skerms, rekenaarskerms en selfoonskerms voor ons afspeel. Ons almal lees gewoon al minder. Ons lees ook minder Bybel.


Daarom het Stellastraat se dominees besluit om nie meer tydens die eredienste die betrokke preek se teksgedeeltes op die skerm te plaas nie. Hulle wil hê dat jy jou Bybel moet saambring kerk toe. Jou bybel moet jou kerktoegaan-handsak wees. Ons moet almal saam die Bybel oopmaak, en daaruit lees. Jy kan dalk ‘n aantekening by ‘n skrifgedeelte maak, of ‘n boekmerk daarby plaas.


Daar is baie vertalings van die Bybel, en jy is welkom om jou gunsteling vertaling saam te bring. Huidig is die Stellastraat kanselbybel die 1983-vertaling, maar ons voorsien dat ons binnekort ‘n 2020-vertaling daar gaan hê.


Ons hoop ook dat persone wat weens omstandighede nie fisies by ‘n erediens kan wees nie, maar ‘n diens virtueel volg, ook hulle Bybel sal gebruik wanneer die prediker daaruit lees.


11 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page