top of page
Search

Julie-maand is hier!

Suid-Afrika genereer na beraming 2,4 miljoen ton plastiek elke jaar. Dit is ongeveer 41kg plastiese afval per persoon. Volgens WWF Suid-Afrika word slegs 14% van daardie 2,4 miljoen ton plastiek herwin. Die plastiek-stoele wat al jare lank op jou stoep staan is nie die groot probleem nie. Daardie plastiek wat slegs een maal, en soms net vir ‘n paar minute gebruik word, is die groot boosdoener. Die probleem met enkelgebruik plastiek is dat die som nie klop nie. Die tyd wat dit gebruik word regverdig nie die hulpbronne en energie wat dit neem om dit te vervaardig nie. En dan beland dit op stortingsterreine waar dit disintegreer en skadelike stowwe in ons grond en water vrylaat. Die hoeveelheid enkelgebruik-plastiek wat meeste van ons gebruik is nie vir die planeet volhoubaar nie.


Julie is die maand waarin daar regoor die wêreld aandag gegee word aan die hoeveelheid enkelgebruik-plastiek wat gegenereer word. Plastiekvrye-Julie is ‘n beweging waaraan miljoene mense oor die wêreld heen elke jaar deelneem. Die beweging daag mense uit om tydens die maand van Julie doelbewus te kies om die enkelgebruik-plastiek wat hulle gebruik te verminder òf heeltemal te vermy.


Die Van Eedens het besluit om so plastiek-vry moontlik te leef hierdie maand. Is julle nie lus om saam met ons die plastiek-vrye uitdaging te aanvaar nie? Vir meer inligting oor die beweging besoek gerus https://www.plasticfreejuly.org/


Hou gerus die Blitsnuus dop vir ‘n wenk elke week.

2 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page