In ‘n klein dorpie in die hart van Suid-Afrika het daar ‘n besondere Kersfeesverhaal begin. Die dorpie was bekend vir sy warm gemeenskap en vriendelike atmosfeer, en almal wat deur hierdie dorpie gery het was altyd met ope arms verwelkom. Elke jaar het die inwoners na Kerstyd uitgesien, want die strate, huise en winkels is met liggies versier en die geur van tuisgemaakte kosgeure het die hele dorp gevul met heerlike walms van lamsboud, soetpatats en malvapoeding. So lank as wat die inwoners kon onthou, was daar ‘n verlate vuurtoring in die middel van die dorp. Alhoewel hierdie toring nie meer in gebruik was nie, het dit ‘n magiese geskiedenis gehad, maar niemand op die dorp het daarvan geweet nie.
Die dorp het wel ‘n baie spesiale manier gehad om Kersfees te vier. In plaas van tradisionele geskenke, het hulle ‘n dag bestee om iets unieks vir hul mede-dorpsmense te maak. Dit kon ‘n handgemaakte geskenk wees, ‘n gunsteling resep of selfs ‘n eenvoudige brief van dankbaarheid.
Op Kersdag was daar ‘n lang tafel in die hoofstraat gedek en almal het saam geëet en geskenke uitgeruil. Een Kersfees het ‘n jong meisie, Stella, ‘n besondere geskenk vir haar oupa gemaak. Sy het ‘n stêr uit strooi gevleg en dit met blinkers versier. Sy het al haar liefde in daardie geskenk gesit en toe sy dit vir haar oupa gegee het, het sy die waardering in sy oë gesien.
Op daardie spesifieke Kersaand het die dorp besluit om die ou vuurtoring te verlig met al die handgemaakte geskenke en dit het die aandlug gevul met ‘n skouspel van lig, kleur, betowering en liefde. Die inwoners van die dorp het hand-aan-hand gestaan, omring deur die skoonheid van hul eie kreatiwiteit en omgee vir mekaar. Toe die klok middernag slaan, het daar ‘n stilte oor die dorp gekom. Almal het opgekyk na die vuurtoring, en daar het ‘n wonderwerk geskied. Die lug het begin skitter met ligte wat nie van hierdie wêreld was nie. Dit was asof die dorp se liefde, vriendelikheid en omgee in daardie oomblik vasgevang was en na die hemel gestuur is.
So was die geheim van die magiese verlate vuurtoring onthul en van toe af was dit die simbool van die klein dorpie in die hart van Suid-Afrika. Geseënde Kersfees geliefde Stellastrater.
Comments