Die onlangse gewaande dreunsang van die EFF-leier en sy volgelinge is met reg, erg ontstellend. So ontstellend dat talle internasionale koerante en invloedryke persone prominent hulle afkeer daaroor uitgespreek het.
Kill the boer, kill the farmer dryf ‘n wig in tussen die mense van Suid-Afrika. Dit verdeel mense in kampe. Wantroue en vooroordeel word aangeblaas. Wanneer die soort taal op politieke byeenkomste gebruik word, skep dit by baie mense die gevoel dat aggressie die pad is om te loop.
Die geduld waarmee dié intimiderende dreunsang in die verlede hanteer is, onder andere deur howe en die mensregtekommissie, is nie aanvaarbaar nie. Wat meer onstellend is, is dat die kerke van die land nie onmiddelik met totale afkeer daarop reageer nie. Suid-Afrika is ’n brose samelewing wat allermins enige geweld of opsweep tot geweld nie kan bekostig nie. Kill the boer, kill the farmer kan as geplante idee, as dreunsang, vernietigend vir al Suid-Afrika se inwoners wees.
Commentaires