top of page
Search

Kom haal gerus vir jou ‘n suurstofboompie!

Ons snak na ons asem as ons skrik, haal diep asem as ons oorstelp is. Ons hou ons asem op in antisipasie of as ons rustig is haal ons tussen 12 - 20 keer per minuut asem. Ons het nodig om asem te haal. Volgens die King James-vertaling van die Bybel kom die woord “breath” 42 keer in die Bybel voor. Op die oomblik sukkel ons gewoon meer om asem te kry. Ons weet wat is ons suurstof saturasie. Ons weet ook wat dit behoort te wees. Ons is verstrengel in asemnood op soveel vlakke en maniere.


Daar is ‘n nederige boompie genaamd “Suurstofboompie” of “Spekboom” of “Postelein” wat in Latyn “Portulacaria afra” heet. Suurstofboompies kan honderd jaar oud word. Dikwels is daar ‘n mikro-ekosisteem onder die boompie wat die grond verryk, waterhoudend is, erosie voorkom en huisvesting bied vir klein diertjies en insekte. God sorg. Suurstofboompies se sap is dorslessend, dit kan soos spinasie gekook word of in slaai gegooi word. God verkwik. Suurstofboompies is ook anti-septies, die blare is ‘n bekende kruiemiddel wat vir verskeie kwale aangewend word. God genees. Die suurstofboompie se eintlike “claim to fame” is dat dit ‘n koolstofdioksiedspons is wat suurstof produseer. Daar word beweer dat per hektar, spekbome tien maal meer effektief is om koolstof te onttrek uit die lug as bome in ‘n tropiese reënwoud. God gee asem.


‘n Woord wat 365 keer in dieselfde King James-vertaling van die Bybel voorkom is “do not be afraid”. Ek wens ek kon vir almal ‘n suurstofboompie gee sodat ons nie bang hoef te wees nie, maar weer kan asem haal. Daar is ‘n paar suurstofboompies by die kerk. As jy voel jy het ‘n suurstofboompie nodig, kom haal asseblief een … en dalk oor ‘n rukkie sien jy kans om ‘n steggie te maak en vir iemand anders ‘n suurstofboompie te gee.

8 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page