top of page
Search

Kom ons maak Pretoria nog mooier!

Oktober is natuurlik die mooiste mooiste maand. Veral in ons pers-geklede Pretoria! Maar deksels, vanjaar is hy veeleisend! Ek verwys spesifiek na die opbou na die munisipale verkiesings wat op Maandag 1 November gehou gaan word. Terwyl die land ween oor die ineenstorting van munisipale dienste, tuit ons ore opnuut van die retoriek van beloftes. Om na die eindelose gepraat te luister is so vermoeiend!


In die Tshwanegebied woon daar volgens die 1996 statistiek nagegnoeg 3.2 miljoen mense. Die Afrikaanssprekendes maak sowat 15%, of naastenby 500 000 van die geheel uit. Dit is die groep mense wie se gewoontes en uitkyk op die lewe ek die beste ken – want taal bring mens naby aanmekaar.


Eendersyds kan die 15%-groep nou bedruk raak en uitroep: “O wee, die minderheidsgroep waaraan ek behoort gaan weereens opgeslurp word deur die massas. Behoede ons tog!” Of ons kan anders daarna kyk. Ek kan sien dat hierdie groep mense wat soos ek is, al is hulle nie baie nie, vreeslik baie kan vermag. Die 15%-groep het die vermoë om ‘n beduidende rol te speel in ons mooi stad. Deur wat hulle op allerlei manière tot stand bring. Deur die manier waarop hulle menswees teenoor ander mense uitleef. Deur hulle positiewe ingesteldheid kan die 15%-groep die prag die Jakarandastad se Oktobermaand, net nog mooier maak. Kom ons pak die bul by die horings!

12 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page