top of page
Search

Kom verlostes juig, want Christus is ons hoop!

Writer: Maricus Le GrangeMaricus Le Grange

Die opskrif haal ek aan uit een van die Vonkkliedere. Toe ek dit lees besef ek weer opnuut dat ons hoop net op Christus alleen kan wees. Wat ‘n voorreg was dit nie om verlede Sondag al hierdie wonderlike opstandingsliedere te kon sing nie. Baie dankie aan almal se deelname, die Reinberger en Menlo kore, die musikante en die mees belangrikste, julle as gemeente.


Ek het Sondag weer die waarheid besef van die stelling: ‘n gemeente wat sing - sterf nooit nie. Mag dit altyd in Stellastraat waar wees dat ons besef hoe groot rol ons deelname in ‘n erediens vorm, daarsonder is dit niks meer as net ‘n monoloog nie.


Ek hoop dat julle almal dit net so intens ervaar het en dat die musiek en lirieke tot almal deurgedring het. Dankie aan die predikante wat ingekoop het op hierdie gedagte van ‘n sangdiens. Ons maak volgende jaar weer so! Om deel te wees van ‘n groep mense soos Stellastraat maak mens se hart warm!

 
 
 

Commenti


  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page