top of page
Search

Kos vir Danville

Stellastraters se harte en beursies was oor die afgelope jare oop vir honger gesinne in Danville. Met julle bydraes het ons kospakke gepak wat die gesinne van kleuters in Beyers Bytjies kleuterskool deur die wintervakansie kon dra. Omstandighede in Danville, en spesifiek by Beyers Bytjies, het egter so verander dat ons ’n ander manier moes soek om te help. Want help moet ons steeds help. Die armoede en die honger in Danville het nie minder geword nie.


Diensgroep Uitreik het daarom hande gevat met Geseënde Hande, ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat reeds meer as 11 000 middagetes per maand verskaf - die meeste daarvan vir kinders. Geseënde Hande kry gereeld skenkings van byvoorbeeld groente wat vir dié etes benut word, maar hulle het kontant nodig om vleis en gas vir die kombuis aan te koop en salarisse vir hulle toegewyde personeel te betaal.


Dit is waarmee ons Geseënde Hande graag wil help. Ons het uitgewerk dat elke vyf rand dit vir hulle moontlik maak om nog ’n maaltyd te verskaf. ’n Bydrae van R100 maak 20 maaltye moontlik. R1000 maak 200 maaltye moontlik en R10 000 maak 2 000 maaltye moontlik. As ons bydraes van altesaam R120 000 kan inkry, kan dit deur die loop van die jaar 24 000 etes moontlik maak. Stellastraters wat hiertoe wil bydra, kan dit in Stellastraat se bankrekening inbetaal. Merk dit “Danville” asseblief. Op Pinkstersondag 28 Mei, wat ook Uitreiksondag is, hou Diensgroep Uitreik ’n uitstalling van die werk van al die vennote wat deur Stellastraat ondersteun word. Jean Fourie van Geseënde Hande sal daar wees, sodat enige iemand wat meer van Geseënde Hande se werk wil weet, met hom daaroor kan gesels.

4 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page