top of page
Search

Kultuurskatte, boewery en skok

Wat het kultuurskatte, boewery en skok met mekaar te doen? Suid-Afrikaners kan trots wees op die land se kultuurskatte soos kunsgalerye, monumente en museums, maar ook op ons pragtige natuurerfenis. Ons besit nie kultuurskatte nie, ons pas dit bloot op vir die nageslag.


Daarom is dit ontstellend om in Rapport te lees van die verval van die Johannesburgse Kunsmuseum, ‘n eens trotse kultuurbate. As ons kultuurbates laat verval, sal die nageslag verantwoording van ons eis. Sonder kultuurskatte sal ons ‘n gesiglose nasie word.


Maar wat het dit met boewery te doen? Hierdie week het Suid-Afrikaners die gedrag van BBP-beskermers (ek gebruik die woord beskermers met huiwering) op die N1 gesien. ‘n Motor is van die pad forseer, die insittendes is aangerand en die aanranders het weggery, asof boewery totaal aanvaarbare gedrag is. Die huidige ANC-bewind ontaard inderdaad in ‘n tirannie.


Ons moet dankbaar wees vir diegene wat die video gemaak en vrygestel het. Hulle was ook in gevaar, maar gelukkig was die boewe wat hulself BBP-beskermers noem, nie van die video bewus nie. Om só ‘n video te maak, is riskant in Suid-Afrika.


Die boodskap is ongelukkig duidelik: Suid-Afrikaners kan nie meer geskok word nie. Dit is egter abnormaal en hierdie kultuur moet verander. Daarom is die NG Kerk se dag van verootmoediging (13 Augustus 2023) ‘n inisiatief wat ons almal moet ondersteun.


3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page