top of page
Search

Laat u koninkryk kom. Sommer hier op aarde.

“Most western forms of Christianity, Catholic and Protestant, liberal and conservative, have assumed that the ultimate aim of being a Christian is, as the phrase goes, ‘to go to heaven when you die’”. So skryf NT Wright in Preaching the cross in dark times. Hy wys dan daarop dat hierdie idee verseker nie die boodskap van die Bybel is nie. Dit het my dadelik laat dink aan AA van Ruler se raak formulering: “Dit is nie die taak van die kerk om mense in die hemel te probeer kry nie. Ons moet die hemel in mense kry!”


Met verlede week se Drie-Eenheidsondag het ons die fase in die Kerkjaar ingegaan wat bekend staan as Koninkrykstyd. In hierdie tyd, wat in die Engelse wêreld as ordinary time bekend staan, probeer ons iets begryp van wat dit beteken dat God in ons gewone lewe ingekom het en steeds inkom. In koninkrykstyd dink ons na oor maniere om, op voetspoor van Jesus, hierdie wêreld ‘n beter plek te maak.


In die woongebied waar ons woon het ‘n skooldogter hierdie week ‘n projek begin waarin sy elke huis betrek om in die wintermaande elke aand sop en brood vir die sekuriteitswagte te bedien. Ek weet nie eers of sy ‘n Christen is nie. Wat ek wel weet is dat sy besig is om die Koninkryk te laat kom. Die feit dat ons sekuriteitswagte nodig het om ons op te pas, dui daarop dat daar veel meer moet gebeur as net sop en brood in die winter.


Here, laat u koninkryk kom en laat u wil op aarde geskied.

Amen


21 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page