top of page
Search

‘n Pluimpie vir Dricus, nee vir die hok

Na daai hok wil ek nie eers kyk nie. Wat daarbinne gebeur, is nié inspirerend nie. Om die waarheid te sê, na sowat ’n minuut se kyk, omdat die gebeurtenis die media oorweldig het, kon ek die TV nie gou genoeg afskakel nie.


Wat gaan ‘gemengde gevegskuns’ aan kykers en volgelinge doen? Gaan dit nie kinders inspireer tot geweld nie? Dit lyk soos grenslose geweld. Slaan en skop ‘tot die dood’ toe. In ’n wêreld waarin konflik tussen lande, geweld teen vroue en kinders, meer as sewentig moorde per dag in Suid-Afrika, ’n enorme probleem geword het?


Ek is die eerste wat sal erken dat geweld en stryd eie aan die mens en sy oorlewing is. Die basiese beginsel van ewolusie. Dalk is die hokgevegte net ’n spieël van wie en wat ons eintlik is? Ek dog ons probeer daarvan wegkom?


Tog het Dricus, die pimpel en pers held, ’n sagte plek in baie mense se harte gekry. Nie oor sy vuiste en voete nie, maar oor ander dinge. Sy absolute liefde vir sy land, sy uitbarsting op internasionale TV oor die swakheid van die Suid-Afrikaanse regering, en die verklaring dat hy by uitstek ‘n sportman is wat hom nie skuldig maak deur onwettige middels te gebruik nie.


14 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page