top of page
Search

Ons gaan braai

Daar is baie vrae in ons gemoed oor al die brandende geboue in Suid-Afrika. Watter groter prentjie kyk ons mis?


Terwyl die vernietigende brand in die Parlementsgebou vars in die geheue is, hoor ons van brandstigting in die St Georges katedraal in Kaapstad. Albei hierdie geboue het groot simboliese waarde in Suid-Afrika en het in die verlede dikwels aan verskillende kante van die politieke spektrum gestaan.


Die brand in die katedraal volg kort op die hakke van die brand in die stadsaal van Komani (voorheen Queenstown) in die Oos-Kaap, wat nie wye nuusdekking gekry het nie. Die stadsaal van Komani het nie dieselfde simboliese waarde as die Parlementsgebou en die St Georges katedraal nie. Daar is onrustigheid oor wat volgende kan afbrand. As simbole soos die Parlement en die katedraal nie veilig is nie, wat is veilig? Wat gaan volgende brand? Die Uniegebou? Die Suid-Afrikaanse Grondwet?


Stook die vuur

maak die slaai

dis die uur

ons gaan braai

Hier is vleis

en ook drank

bring die ys

ons wag lank

Maar stook die vuur

want die kos is duur

vir honger ouer en kind

Ons moet vrede vind

hier in ons land

wat alweer brand


9 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page