top of page
Search

Ons moet hulle hande sterk maak

Ek sou vandag baie graag wou skryf oor my positiewe ervaring in die paar dae van beplanning en spanbou wat Stellastraat se leraars die afgelope week gehad het. Of oor die opwinding van die Rugbywêreldbeker waaroor ons die volgende sewe weke gaan praat en na gaan staar.


Maar dit sal wees soos om jou poeding te eet voordat jy jou groentes en vitamines ingekry het. Die staking deur ’n groep munisipale werkers van Tshwane het ontaard in ‘n laegraadse ‘oorlog’. Die stryd om dienste aan die inwoners te lewer is plek-plek op breekpunt.


Die rommelhope aan die onderpunt van Hazelwoodweg en stinkende vullisdromme het inwoners se reeds moedelose gevoel oor fase 6-beurtkrag vererger. Die brand en dood van bykans 80 mense in Johannesburg se middestad het ons kennis van die verval en die haglike omstandighede waarin mense hulle bevind, geskok.


Wat staan ons te doen? Meer en meer mense voel en sê dat hulle nie seker is of hulle op die langtermyn hier wil bly nie. Dit is nou die tyd dat ons die mense wat die goeie stryd voer, se hande sterk maak. Om net ’n draadsitter te wees en te murmureer gaan niks help nie. Ons moet almal wat poog om ons stad te red van verval ondersteun, waar ons kan. Met woorde van moed inpraat, met dade soos om ons rekeninge te betaal, en self reg te maak waar ons kan, en natuurlik met ons gebede.


6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page