top of page
Search

Ons vier Epifanie (God se verskyning in Jesus as mens)

Writer: Neels JacksonNeels Jackson

In die kerklike jaar is ons nou in die seisoen van Epifanie. Die woord Epifanie beteken “Godsverskyning” en in dié tyd dink ons na oor Jesus se aardse bediening. Jesus self sê immers in Johannes 14 wie Hom gesien het, het die Vader gesien. As ons God se hartklop wil verstaan, moet ons Jesus se hartklop verstaan.


As ons fokus op Jesus se aardse lewe en bediening, sluit dit aspekte in soos:

• Jesus se lewensritme van rus en werk.

• Jesus se vertolking van die wet.

• Jesus se boodskap oor die koninkryk van God.

• Jesus se wonderwerke.

• Jesus se insluiting van almal wat normaalweg buite die kring van aanvaarbaarheid sou val.

• Jesus se stryd teen onreg.

• Jesus leer sy volgelinge, dikwels deur gelykenisse, maar ook deur ander kort spreuke.

• Jesus se oproep om Hom te volg.

• Jesus se voorbeeld van selfopofferende diens.


Daar is meer inligting en hulpmiddels hieroor op Stellastraat se webwerf - www.stellastraat.co.za - onder die skakel “Jaar met God”.


 
 
 

Comments


  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page