top of page
Search

Pinkstersondag, Uitreiksondag

Pinkstersondag val min of meer in die middel van die kerklike jaar. Die eerste helfte van die jaar word ingerig rondom Jesus se tyd as mens op aarde. Dit begin min of meer begin Desember met Advent, die seisoen van afwagting op God se verskyning. Daarna volg Kersfees wanneer ons Jesus se geboorte vier, en Epifanie, wanneer ons nadink oor God se verskyning as mens tussen mense.


Op Aswoensdag begin die veertig dae van Lydenstyd wanneer Jesus se lyding op aarde in herinnering geroep word. Dit loop uit op Goeie Vrydag waartydens die kruising en sterwe van Jesus oordink word en Paassondag wanneer ons sy opstanding uit die dood vier. Veertig dae later is Hemelvaart en nog tien dae later kom Pinkstersondag, wat oor die uitstorting van die Heilige Gees gaan.


Hierdie seisoene met die fokus op verskillende aspekte van Jesus se aardse bediening is bedoel om ons as gelowiges te skool en voor te berei vir die groot seisoen wat in die tweede deel van die kerklike jaar volg: Koninkrykstyd. Dit is die tyd wanneer ons ons geloof in God op so ’n manier moet uitleef dat dit help dat God se koninkryk sal kom. In die koninkryk van God dien mense mekaar, gee mense om vir mekaar, hoor gelowiges ander se nood en help om dit te verlig. Dit is die seisoen waarin God se liefde praktiese gestalte in elke gelowige se lewe moet kry.


Daarom vier ons vanjaar saam met Pinkster en die aanbreek van Koninkrykstyd ook Uitreiksondag - om daardeur die aandag te vestig op hoe Stellastraat as gemeente ook ’n rol kan speel om in ons omgewing die koninkryk van God sigbaar te maak.

42 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page