top of page
Search

Sien jou Saterdag by die basaar!

Writer's picture: Anton PienaarAnton Pienaar

Ek is ’n basaarliefhebber en -fynproewer. Daar is en was niks soos basaarpannekoek nie! Wel, ons sal seker Saterdag moet sien of dit nog so is!


Hy kom hier uit die Uitreikgeweste. Dit is nou Stellastraat se eerste basaar in baie jare. En is dit nie ’n welkom geleentheid nie! Diensgroep Uitreik het dit goed gedink om hande uit te steek en geld bymekaar te maak vir die talle projekte en vennote wat op hulle weg gelê is. Hulle verdien ons almal se ondersteuning.


’n Basaar is ‘n gemeente se eendag in ’n jaar amper karnaval-kafee. ’n Dag van heerlik smul, te veel smul, van pretspeletjies, rondkrap en rondstap en sommer net lekker kuier met alger by wie jy verbyloop. Daar is soveel mense wat moeite gemaak het om more se basaardag moontlik te maak. Ons kan die kans nie laat verbygaan nie, sien jou by die basaar!


7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page