top of page
Search

Sportlui is ’n groot inspirasie

Of ‘n mens van sport hou of nie, sport is ’n magtige sosiale invloed in die moderne mensdom.


Die Wêreldbeker Rugbykampioenskappe wat huidig in Frankryk afspeel, gryp almal aan. Almal praat daaroor. Almal het ’n mening, nie net oor die on-tradisionele rugbytruie van die Bokke nie, maar oor die pragtige stadions, die voorkoms van die spelers, en soos altyd oor die skeidsregters wat in splitsekondes kritiese besluite moet neem. En natuurlik, die spel van die spelers ook!


Nou is dit rugby. Binnekort is dit wêreldbekerkrieket. Aanstaande jaar is dit weer die Olimpiese Spele. Ons is pas klaar met die Amerikaanse Ope Tennis en die heldestatus wat Djokovic verwerf het. Dink aan die verbysterende spoed en waagmoed in die Tour de France. En die belaglike bedrae geld wat sokkerspelers verdien. En die meteoriese opgang van vroue-sport.


Sport gee helde. Rolmodelle. Sport bring plesier. Sport veroorsaak ‘n groepsbewussyn. Sport bou nasies. Sport bring mense bymekaar. Dit is hoekom sport belangrik is. Dit is hoekom skolesport belangrik is. Dit is hoekom alle atlete wat in sport presteer, moet weet hulle optredes is belangrik. Hulle is in die openbaar. Hulle is in mense se oë en daarom is die manier waarop hulle leef en praat ’n inspirasie vir baie. Al dink ek min van die huidige rugbyreëls, geniet ek die rugby baie!


6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page