top of page
Search

Tintswalo en die Hamas ‘vegters’

Tydens die pas afgelope SONA het Pres Ramaphosa ’n denkbeeldige jong swart vrou, Tintswalo, voorgehou om Suid-Afrika se vordering as demokrasie te illustreer. Hy het baie kritiek vir sy beeld gekry. Terwyl bykans alles wat met die staat te doen het, besig is om te verkrummel, paai die president die volk dat dit eintlik beter gaan. Kyk net na Tintswalo! Die feit van die saak is dat Tintswalo waarskynlik nie behoorlike skoolopleiding gehad nie, dat sy waarskynlik aan geslagsgeweld blootgestel was, en dat daar bitter min werksgeleenthede vir haar is. Tintswalo moet haar eie pad vind in ’n samelewing waarin die spel van korrupsie hoogty vier.


Daar is bittermin mense wat die Israeliese Weermag se brutale aanvalle op Gasa goedpraat. Al is daar eintlik nie reëls in oorlog nie, is die doodmaak van onskuldige vroue en kinders onaanvaarbaar. Wat vir my ook onaanvaarbaar is, is dat die sogenaamde Hamas ‘vegters’ in hospitale en plekke agter vroue en kinders skuil. Wat sê dit van hulle integriteit? Om jou ma en sussie en nefie as ’n skild te gebruik is absoluut integriteitloos. Dit is net soos Pres Ramaphosa wat in die moeras van staatskuld, verval en korrupsie, probeer om agter Tinstwalo te skuil. Dit is soos iemand wat ’n gesteelde Oscar-beeldjie voor hou as sy eie prestasie. Wanneer jy iets wat in sy wese verkeerd is, goedpraat, verklap dit baie van jou. Jy is dan of baie naïef, of bloot ’n leuenaar wat nie die waarheid in die oë kan kyk nie.


6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page