top of page
Search

Tree toe tot die politiek, asseblief! Registreer!

Dit is ons toekoms. Dit is ons kinders se toekoms! As jy ’n kruisie gaan trek nadat jy die keuses goed oorweeg het, is dit jou bydrae om ’n toekoms vir jou en jou kinders in ons land te skep!


Dit maak nie saak vir wie jy gaan stem nie. Dit is die hoeksteen van demokrasie. Elkeen van ons het die reg op ons eie keuse. En as die meerderheid se keuse ‘n goeie regering tot gevolg het, dan het ons weer hoop! Maar ‘meerderheid’ begin met registrasie. Elkeen van ons wat ’n wettige inwoner van die land is, se naam moet op die registrasielys wees.


Hierdie naweek is jou kans. Maak daai opoffering. Maak moeite. Gaan registreer en neem saam met miljoene ander mense verantwoordelikheid vir jou land!


9 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page