top of page
Search

Vrede in Lydenstyd

In dié deurmekaar wêreld waarin ons onsself deesdae bevind, is dit nogal moeilik om ons fokus op Lydenstyd te plaas. Dit voel asof ons genoeg gehad het van al die slegte dinge. Ek dink tog die Lydenstyd kan ons help om op ‘n manier vrede te maak met lyding en al die sleg in hierdie gebroke wêreld. As mens terug gaan kyk na die geskiedenis het ons nog altyd die slegte oorleef.


Ons as gelowiges kan dadelik sê dat dit net deur genade is, maar ek dink tog daar was ‘n stukkie musiek daarby. Oor die eeue het mense altyd ‘n rede gevind om te sing. Die Corona-virus het gekom en alles probeer van ons af wegvat. En een van hierdie baie dinge is die sang in ons eredienste. Ons weet dit is ongemaklik met maskers, maar ons weet ook dit is ongemaklik om lydens-musiek te sing. Die enigste ding wat ons nou kan doen, is om nie op te hou sing nie. As covid die lof wat ons aan God kan bring ook by ons weg gevat het, het daar maar min oorgebly.


Nou wat maak ons nou met Lydenstyd? Ons begin al minder en sagter sing, maar die kuns lê daarin dat ons nie sal ophou nie. Solank ons woorde en tekste bely sal ons op ‘n manier die vrede wat in Christus lê beleef. Lydenstyd kon seker nog nooit so na aan ons lyf kom nie. In die komende weke sal julle agterkom dat ek al hoe minder van die orrel sal laat hoor. Verlede Sondag was die laaste keer wat die bassuin gespeel het, en hierdie Sondag is dit die laaste keer wat die trompet sal klink. Teen Goeie Vrydag sal daar ook stilte in ons musiek kom lê. Kom ons beleef God se vrede in hierdie dae. Mag die musiek my en jou daarmee help.

11 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page